‘n Merkwaardige uitstalling van prentposkaarte van hoe die ‘ou George’ gelyk het, gaan van 1 tot 10 Oktober 2016 in die George-Museum te sien wees.
Die versameling is oor dekades byeengebring deur ds Pauw Steyl, ‘n seëlversamelaar van Heatherpark.
Van ongeveer 1900 tot by 1930 was dit hoog mode om prentposkaarte te stuur, en poskaarte is geproduseer om talle aspekte van die destydse tonele, strate en geboue af te beeld.
Elk van die dosyne poskaarte wat vertoon word, is voorsien van ‘n byskrif wat inligting gee. Ds Steyl sê in sy navorsing het hy talle onderhoude met historici gevoer, al die museumbronne in die Suid-Kaap geraadpleeg en selfs besonderhede in die Kaapse argiewe gaan soek.
Afgesien van die George-tonele bevat die 90 albumbladsye poskaarte wat verwys na die Wildernis, Groot Brak, Montagupas, Mosselbaai en Oudtshoorn.
Die uitstalling word as deel van sy 20-jarige bestaansviering aangebied deur die George Erfenistrust, in samewerking met die George-seëlklub.
Toegang tot die uitstalling (en die museum) is gratis.
Navrae Joh Groenewald 082 577 2651 johgroen@mweb.co.za
This is a remarkable collection of old postcards collected over decades by Ds Pauw Steyl. The exhibition is part of the 20 year commemorative festivities of the George Heritage Trust.
Leave a Reply